|
Dit is alombekend dat talent alleen nie 'n waarborg vir sukses is nie. As dit die geval was, sou alle talentvolle mense suksesvol
gewees het. Waarom is party talentvolle mense dan suksesvol
en ander nie?
John C. Maxwell werp lig op 13 kritieke keuses wat 'n mens moet maak om jou natuurlike talent optimaal te ontwikkel en 'n 'Talent+'-persoon te word. Uit die boek blyk dit duidelik watter verskil die volgende keuses in 'n mens se lewe maak: Geloof, passie, inisiatief, fokus, voorbereiding, oefening, deursettingsvermoe,
moed, leerbaarheid, integriteit, verhoudings, verantwoordelikheid
en spanwerk.
Talent is nie genoeg nie is die ontbrekende sleutel wat mense sal help om hul volle potensiaal te bereik deur hul talente optimaal
te ontwikkel. Ddit is 'n onmisbare hulpmiddel vir elke persoon
wat sy of haar unieke gawes met oorgawe wil uitleef.
|